Meer as 146 000 belastingontduikers kan nog amnestie kry

Die belastingamnestie wat op 1 April verlede jaar ingestel is, is verleng tot einde Oktober 2026 maar, het reeds groot sukses getoon. Volgens NamRA het belastingontduikers die agentskap 79,3 miljard Namibiese dollar geskuld teen einde Maart vanjaar waarvan 49,3 miljard dollar boetes beslaan, 13,1 miljard dollar in rente en 16,8 miljard dollar in kapitaal. ‘n Totaal van 235 505 debiteure skuld die geld en teen die einde van Oktober vanjaar het 89 398 belastingbetalers gebruik gemaak van die amnestie met 4,3 miljard dollar wat ingesamel is.