Meer as 100 mense sterf in Asië ná swaar reënJuly 14, 2023

Meer as 100 mense is sedert die begin van die maand in Asië dood terwyl die streek ‘n buitengewoon intense moeson-seisoen ervaar. Die afgelope twee weke het swaar reën tot oorstromings en modderstortings in verskeie lande gelei – insluitend Indië, China en Japan. Honderde duisende mense moes ook hulle huise ontruim. In Japan het rekord-oorstromings op die eiland Kyushu agt lewens geëis en talle mense word nog vermis. In die noorde van Indië is bykans 100 mense dood. Suid-Korea is ook op ‘n hoë gereedheids-grondslag nadat ‘n storm die hoofstad Seoul getref het, terwyl ‘n waarskuwing vir ‘n tropiese sikloon in die Filippyne uitgereik is.