Meer as 1 400 leerders nog nie in Wes-Kaapse skole geplaas
Die Wes-Kaapse onderwysdepartement sê dis steeds hard aan’t werk om dringend plek vir leerlinge by die provinsie se skole te soek. Skole aan die kus het reeds op 16 Januarie vir die 2023- skooljaar heropen maar daar is tans meer as 1 400 leerders. wat nog nie by skole geplaas is nie. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Moederstad, Fritz Platt, het meer.