Meer as 160 verdagtes tydens Operasie Basadi gearresteer
Die eerste fase van die Namibiese polisie se pas afgelope Operasie Basadi is deur die bevelvoerder, generaal-majoor Anna-Marie Nainda, as suksesvol beskryf. Operasie Basadi is deur die Vroue-Netwerk-strukture uitgevoer en die fokus was op verdagtes in gevalle van geweld teen vroue, kinders en bejaardes. ‘n Totaal van 165 verdagtes van verskillende nasionaliteite is tydens die operasie in hegtenis geneem. Hulle is 119 Namibiërs, 37 Angolese, drie elke Chinese en Zambiërs, twee burgers van Zimbabwe en een van Burundi.