Medvedev klop Zverev vir plek in Aussie Ope finaal

Tennis: Daniil Medvedev van Rusland het sy plek bespreek vir die eindstryd vir mans in die Australiese Ope deur Alexander Zverev van Duitsland in ‘n uitmergelende halfeindstryd te klop. Die derde gekeurde Medvedev het met twee stelle agtergeloop maar het in vyf stelle koning gekraai. Medvedev het ook in 2021 en 2022 die eindstryd gehaal en hy hoop die derde keer is skeepsreg vir hom wanneer hy Sondag teen Jannik Sinner te staan kom. Die Italianer het in die ander halfeindstryd teen die verwagting in met die tienmalige kampioen, Novak Djokovic afgereken om in sy eerste eindstryd van ‘n Grand Slam-toernooi te speel.