Medvedev beskryf Alcaraz as ‘moeilike uitdaging’

Tennis: Die laaste vier mans is vandag op Wimbledon in aksie in die twee halfeindstryde. Die verrassing in die voorlaaste ronde is die 25ste gekeurde Lorenzo Musetti van Italië, wat ‘n taai wedstryd teen die tweede gekeurde Novak Djokovic van Serwië kan verwag. Die wedstryd word voorafgegaan deur die kragmeting tussen die derde-gekeurde verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz van Spanje, en die vyfde gekeurde Rus Daniil Medvedev. Medvedev sê hy is gereed vir ‘n moeilike uitdaging.