Medikasie vir M-pokke bekom
Die Suid-Afrikaanse gesondheidsdepartement het pogings verskerp om die verspreiding van M-pokke te bekamp, nadat vyf gevalle en een sterfte aangeteken is. Die departement span saam met MIV-programme en sleutelorganisasies om bewusmaking te verhoog. Die gesondheidminister, Joe Phaahla, het op ‘n nuuskonferensie gesê Tecovirimat, ‘n antivirale medikasie, is verkry vir ernstige gevalle deur skenkings van die Wêreld-gesondheidsorganisasie.