Mediese ‘universiteit’ skort vir eers kursusse op

Die Windhoek Medical University het volgens berigte al sy kursusse opgeskort na die Raad vir Gesondheidsberoepe van Namibië ‘n waarskuwing uitgereik het dat die instansie nie geakkrediteer is nie. Volgens die raad, dra hy geen kennis van die universiteit nie maar, die instansie het verskeie kursusse, wat grade insluit, op sosiale media geadverteer. Die universiteit het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle nog in die proses is om te akkrediteer. Luidens ‘n verklaring deur die universiteit, is daar nog geen student by die instansie geregistreer nie en kursusse is gestaak. Maar, die universiteit se Facebook-blad toon steeds kursusse waarvoor geregistreer kan word en die webtuiste is ook steeds aktief.