Mediese studente word nie op stam gekies nie
Die Namibiese minister van hoër onderwys Itah Kandjii-Murangi sê al hoe meer matrikulante doen aansoek by Unam se mediese skool. Sy het gereageer op aantygings dat studente volgens stamme in die land gekies word. Daar word jaarliks 70 studente ingeneem en volgens die minister, het daar vanjaar 1 428 aansoeke gekom waarvan net 337 aan die minimum vereistes voldoen het. Sy voeg by dat terwyl die mediese kampus in die hoofstad is, word kandidate, wat voldoen aan vereistes, uit die streke van die land gekies om verteenwoordiging toe te laat. Maar, sy voeg by die finale uitslae hiervan kan anders lyk omdat streke met ‘n hoër bevolking in die algemeen beter vaar eenvoudig omdat daar meer studente is. Dus, is dit onregverdig om ‘n swakker student te kies net omdat hy of sy in ‘n ander streek is wanneer ‘n ander aansoeker beter punte het.