Mediese nooddienste kry ondersteuning

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsdepartement het mediese nooddienste op die land se hoofroetes, strategiese punte en brandpunte ʼn hupstoot gegee deur meer as 1 540 ambulanse te ontplooi. Plaaslik werk dinge effe anders en die ministerie se ambulanse is by mediese fasiliteite gestasioneer, maar, soos die uitvoerende direkteur Ben Nangombe verduidelik, is daar ander ondersteuningsmeganismes.