Media-vakbond vra Nampol vir beskerming van joernaliste

Die beskuldigde wat vir bedrog in die Walvisbaai-landdroshof verskyn het, die 46-jarige Immanuel Nowaseb, was uit op borgtog nadat hy in 2019 skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n tien-jarige meisie in 2011. Intussen veroordeel die Namibiese Media Professionele-unie, Nampu, ten sterkste Nowaseb se aanranding op joernaliste by die hof in die teenwoordigheid van wetstoepassers. Die aanval word geag as ‘n onaanvaarbare skending van die regte van joernaliste om hul pligte uit te voer sonder vrees vir leed of intimidasie. Die vakbond se sekretaris-generaal Sakeus Iikela sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle doen ‘n beroep op die inspekteur-generaal van die Namibiese Polisie om die veiligheid van joernaliste te verseker.