Media: Nuuskamers bestee geld op dekking van politiek, nie omgewing nie

Die Network of African Journalists wat spesialiseer in volhoubare ontwikkeling en klimaatsverandering sê ‘n peiling toon dat 74,7 persent van joernaliste het hulle rug gedraai op beriggewing oor omgewingskwessies as gevolg van ‘n tekort aan finansiering. Meer as 150 joernaliste het aan die peiling deelgeneem. Die waarnemende sekretaris-generaal van die Namibiese mediavakbond Nampu, Jemima Beukes, sê die uitdaging word ook plaaslik ervaar… op talle fronte.