Media moet toegang hê tot vlootoefeninge met Rusland, China – DA

Die DA versoek die minister van verdediging, Thandi Modise, om onmiddellik haar besluit te herroep om die media te verbied om verslag te doen oor Oefening Mosi II. Dis die komende vlootoefening van 17 tot 27 Februarie waaraan Rusland, China en Suid-Afrika deelneem. ʼn Woordvoerder van die DA, Kobus Marais, sê die besluit om die media weg te hou is totaal onaanvaarbaar en ʼn duidelike bewys die regering is nie deursigtig nie: