Media, demokrasie en die verkiesings

‘n Opleidingsessie word vir mediapraktisyns gehou om hul vaardighede in verkiesingsverslaggewing te verbeter, met die fokus op die kompleksiteite van Namibië se verkiesingsproses. Die doel is om joernaliste toe te rus met die gereedskap om billike, gebalanseerde en akkurate dekking te lewer. Mediakenner Gwen Lister, een van die fasiliteerders, het die belangrikheid van mediavryheid en die rol daarvan in demokrasie beklemtoon, veral om diegene wat aan bewind is verantwoordbaar te hou en deursigtige verkiesings te verseker. Lister is aan die woord.