Media! Bemoei julle met regte werk – JP Smith

Die DA se adjunk-koukusleier in die Stad Kaapstad, JP Smith, is die jongste lid van die party wat betrokke is by ‘n moontlike skandaal oor sy kwalifikasies. Hy sê egter dit is ‘n kwaadwillige gissing deur ‘n koerant. Smith sê die verslag haal ‘n biografie aan wat in 2019 aan konferensie-organiseerders gestuur is en waarin melding gemaak word van ‘n honneursgraad. Smith sê ‘n skryffout is begaan toe die biografie geredigeer is, maar dit is intussen reggestel. Hy sê die CV wat deur die DA nagegaan is, meld akkuraat dat sy hoogste kwalifikasie sy voltooide BA-graad is: