Mededingingswet besig om gewysig te word: Iipumbu

Die Namibiese Mededingingskommissie bied tans ‘n Institusionele Vennootskapskonferensie by die Windhoek Buiteklub aan. Die konferensie is daarop gemik om die kommissie se regulatoriese reis sedert sy stigting in Desember 2009 te deel. Die konferensie sluit ook die samewerking af tussen die Duitse mededingingsowerheid, die Bundeskartellamt, en die kommissie. Handelminister Lucia Iipumpu sê in haar toespraak werk is tans aan die gang om die Mededingingswet te wysig. Dit is om die wet, wat die kommissie rig, te moderniseer.