Mededingingskommissie verwag toename in samesmelting van maatskappye

Die Namibiese Mededingings-kommissie het ‘n aansienlike toename opgemerk in die aantal samesmelting van maatskappye wat voor die reguleerder gebring is en verwag verdere toenames. Volgens die uitvoerende hoof Vitalis Ndalikokule, het die oplewing in samesmeltings ‘n noemenswaardige impak op mark-mededinging gehad. Ndalikokule verwag nie ‘n afname in die nabye toekoms nie. Inteendeel, hy glo dat geo-politieke spanning in Europa verder kan bydra tot ‘n toename in samesmeltings in markte soos Namibië. Hy waarsku die impak van hierdie samesmeltings op die mededingende landskap is ‘n rede tot kommer in terme van plaaslike eienaarskap met buitelandse maatskappye wat Namibiese entiteite verkry. Een voorbeeld is die onlangse oorname van die Nederlandse bier-reus Heineken wat die Namibiese brouerye oorgeneem het.