Meatco vergader met boere, regoor die land

Meatco hou op die oomblik ‘n reeks vergaderings regoor die land om met produsente te skakel en inligting te deel. Die vergaderings gun ook ‘n geleentheid aan produsente om vrae te vra. Vandag is Otjiwarongo aan die beurt met ‘n byeenkoms wat tussen tien en een by die Krokodilplaas sal plaasvind. Meatco se bestuurder van lewendehawe-aankope Patrick Liebenberg, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…