Meatco staan Otjinene se boere by

Die Meatco-stigting is in 2013 gestig om hul korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid in gebiede waar hul beeste vandaan kom, uit te voer. Die stigting gaan na kommunale gebiede om gemeenskappe te bemagtig en hulle oor weidingsbestuur te leer. Rosa Hamukuaja-Thobias, woordvoerder van Meatco sê hulle het onlangs ‘n boorgat by Otjinene geboor waar hulle ‘n uitdaging met water gehad het.