Meatco se uitvoerende hoof het ‘n plan vir Rooilyn

Die veterinêre kordonheining in die noorde van Namibië bly omstrede. Landboukundiges meen meer werk moet gedoen word om beesvleis noord van die rooi lyn te verwerk, eerder as om te veg vir die verwydering van die lyn. Boere en verteenwoordigers van tradisionele owerhede in die noordelike streke bepleit die verwydering van die kordonheining om hulle toegang tot die internasionale beesvleismark te gee. Noordelike kommunale boere sê hulle kry finansieel swaar omdat hulle nie toegang het tot die winsgewende internasionale beesvleismark of selfs tot die plaaslike mark suid van die rooilyn nie. Meatco se uitvoerende hoof, Mwilima Mushokabanji, het by die Swaitex-handelskou in Swakopmund hulle standpunt oor die heining verduidelik. Hy het ook ‘n oplossing vir die kwessie.