Meatco se reuse-verliese vandag op jaarvergadering bespreek

Meatco het ‘n verlies van 118 miljoen Namibiese dollar vir die tydperk 1 Februarie 2022 tot 31 Januarie 2023 aangeteken. Volgens The Brief het die ouditeure Grand Namibia gewaarsku dat die maatskappy se vermoë om as ‘n lopende bedryf voort te gaan, sal afhang van deurlopende regeringsondersteuning. Gedurende die tydperk onder oorsig het die regering ‘n waarborg van die Ontwikkelingsbank van Namibië uitgereik vir die vleisverwerker om finansiering ten bedrae van 200 miljoen dollar te bekom, ‘n bedrag wat aan die einde van Julie 2022 aan Meatco uitbetaal is. Meatco hou vandag sy algemene jaarvergadering buite Grootfontein.