Meatco sê oor uitvoere na China
Die uitgerekte inperking in Sjanghai, China se finansiële middelpunt, vertraag die land se handel in vleis omdat die streng Covid-maatreëls logistieke probleme veroorsaak met toenemende ontwrigting van sake. Die land produseer miljoene tonne vleis maar voer ook miljoene tonne in. Meatco se uitvoere is ook geraak, maar meer as gevolg van Covid-uitdagings op die logistieke bedryf, as die inperkings in daardie land. Volgens Undamuje Hambira, kommunikasie beampte by Meatco, beslaan dié uitvoere 29 persent van Meatco se totale uitvoere.