Meatco se laat betalings boemerang

Produsente vergader vandag met Meatco se bestuur en direksie om onder meer uitstaande betalings aan produsente te bespreek, en rente wat hulle wil instel op laat betalings. Sowat 245 veeboere staar lewensvatbaarheidsprobleme in die gesig ná die versuim van Meatco om hulle 320 miljoen Namibiese dollar te betaal vir beeste wat aan sy slagplaas gelewer is. Meatco het die media verbied om die vergadering by te woon, ten spyte daarvan dat die boere die media genooi het. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike landboukenner, Wallie Roux, gepraat oor hoekom Meatco geheimsinnig is sedert die aanstelling van die nuwe direksie. Roux sê hy is bewus van die vergadering.