Meatco se jaarvergadering weer, derde keer, uitgestel

Ten spyte van kommentaar van Meatco se kommunikasiespan dat die jaarvergadering wel Vrydagoggend op Otjiwarongo sou plaasvind, is dit weer uitgestel, die keer tot 5 Desember. Daar was blykbaar nie genoeg lede nie. Die beleërde maatskappy sukkel voort om sy jaarvergadering te hou, dit na dit op 16 Augustus gehou sou word maar die finansiële state was nie gereed nie. Dit is toe tot Vrydag 22 November uitgestel toe weer, tot volgende week Donderdag. Daar is nog nie ‘n perseel vir die vergadering aangewys nie.