Meatco se jaarvergadering vir 22 November neergelê
Meatco se jaarvergadering sal op Vrydag, 22 November op Otjiwarongo plaasvind. Dit kom na dit vir 16 Augustus neergelê maar is ter elfder uur onbepaald uitgestel sonder om enige redes te verskaf. Die uitvoerende hoof Mwilima Mushokabanji het in September aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat dit wel in November sou plaasvind. Die maatskappy het gewag vir hulle ouditeursverslag. Meatco sê enige mosies moet teen 8 November ingedien wees en lede kan vanaf half-agt op die 22ste registreer.