Meatco se algemene jaarvergadering buite Grootfontein

Meatco hou op 23 Junie sy 35ste algemene jaarvergadering. Dit vind om nege-uur die oggend by die Peace Garden Lodge buite Grootfontein plaas. Registrasie vir die vergadering vind tussen half-agt en half-nege plaas. Slegs geregistreerde Meatco-lede mag die vergadering bywoon. Lede kon tot vandag mosies vir die agenda aan die voorsitter van die raad, Adolf Muremi indien. Kosmos 94.1 Nuus het met Undamuje Hambira die waarnemende bestuurder vir korporatiewe sake van Meatco gepraat..