Meatco ontwikkel mark in Botswana
Plaaslike media berig dat Meatco ‘n nuwe mark vir afvalprodukte in Botswana geskep het wat kommer onder plaaslike kleinhandelaars wek. Die winkels maak staat op Meatco vir afval en beesstert en hulle het kommer dat nie meer die produkte sal verskaf nie. Meatco sê op sy beurt die plaaslike mark sal nie geraak word nie maar, voeg by hy kry beter pryse in Botswana wat op die oomblik broodnodig is. Meatco voorsien ook ander Afrika-lande insluitend Suid-Afrika, Ghana en die DRK. Lewer word ook na China uitgevoer.