Meatco moet Kunene-boere bystaan met mobiele verslagting

Die Namibia National Farmers’ Union het sy oproep aan die regering hernu om ’n mobiele abattoir-eenheid in die Kunene-streek op die been te bring om marktoegang vir plaaslike boere te skep. Die unie beklemtoon die behoefte om die mobiele abattoir-eenheid wat tans in Rundu is na Kunene te verskuif, waar geen abattoir bestaan nie, veral gegewe die voortslepende droogte wat boere dwing om hul vee te verkoop. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Adolf Muremi, die voorsitter van die NNFU, wat verduidelik.