Meatco moet in twee verdeel word – boere-unies
In ‘n voorlegging aan die Parlementêre Staande Komitee op Ekonomie en Openbare Administrasie, sê die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie Roelie Venter dat die Meatco in twee filiale verdeel moet word, Meatco NCA vir die noordelike kommunale gebied en Meatco vir die kommersiële gebied, NewCo. Volgens Venter sal die afsonderlike bestuur van die twee gebiede die winsgewendheid van beesproduksie verhoog en landelike welstand skep. Dit is ook die standpunt van ander boere-unies in die land. Venter meen dat elke Meatco-filiaal dan deur sy eie produsente en privaatbeleggers aangedryf kan word.