Meatco kanselleer algemene jaarvergadering
Meatco het sy algemene jaarvergadering wat vir Donderdag geskeduleer was, gekanselleer. Dit kom na die oorspronklike vergadering op 22 November in Otjiwarongo gehou sou word, maar ‘n kworum is nie bereik nie en die vergadering is uitgestel na 5 Desember. Om ‘n herhaling hiervan te vermy het die bestuur 400 Meatco-produsente gevra om hul teenwoordigheid te bevestig, maar teen gister het net 16 lede dit gedoen. ‘n Minimum van 30 lede is nodig om ‘n kworum te vorm.