Meatco hou spesiale lede-vergadering op Otji

Meatco hou op 27 Januarie ‘n spesiale lede-vergadering op Otjiwarongo. Dit vind om nege-uur die oggend plaas by die C’est Si Bon Hotel en registrasie vind tussen half-agt en half-nege plaas. Die vergadering sal terugvoering gee oor sake wat voortspruit uit die 34ste jaarvergadering wat in September 2022 gehou is. Meatco se skakelbeampte, Rosa Hamukuaja-Thobias het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.