Meatco beding vandag ‘feeder-produsente’ pryse vir droë seisoen

Meatco is tans in die nuus as gevolg van sy finansiële uitdagings en verliese wat in die vorige boekjaar gely is. Maar, die maatskappy werk onverpoosd om slagdiere te verseker, ook met die dreigende droogte. Die maatskappy vergader op die oomblik met sy sogenaamde ‘feeder-produsente’ wat onder kontrak die hele jaar lewer aan die maatskappy. Hulle pryse is ook beter en dit word ook op die oomblik beding. Meatco se uitvoerende hoof Mwilima Mushokabanji verduidelik.