McLaren vol vertroue oor tuiswedren op Silverstone

Motorsport: Formule Een is hierdie naweek in Engeland vir die Britse Grand Prix. Dit is die 12de van 24 wedrenne op die jaarkalender. McLaren is die grootste gedeelte van die seisoen mededingend. Hulle is tans derde onder die vervaardigers met Lando Norris tweede onder die bestuurders, na Max Verstappen. Dis ‘n tuiswedren vir McLaren en volgens hulle jong Australiese bestuurder, Oscar Piastri, is hulle vol vertroue.