McIlroy struikel by Royal Troon

Daniel Brown van Brittanje het in die openingsronde van Die Ope by Royal Troon in Skotland ses onder 65 aangeteken en loop met een hou voor die 2019-kampioen, Shane Lowry, van Ierland. Dis die 29-jarige Brown se eerste Major-toernooi. Die Amerikaner Justin Thomas is twee houe agter Lowry. Die Suid-Afrikaners, Thriston Lawrence en Dean Burmester, is onder die 13 wat gelykop is in die 18de plek. Rory McIlroy van Noord-Ierland het gesukkel ná ʼn openingsronde van 78, terwyl die Amerikaner Tiger Woods gevaar loop om die derde agtereenvolgende die afsnypunt te mis ná ʼn agt oor baansyfer 79.