McIlroy sê Royal Troon sal uitdaging wees

Gholf: Rory McIlroy begin die Ope-kampioenskap saam met sy Ryderbeker-spanmaat, Tyrrell Hatton, en die Amerikaner, Max Homa. Die vierde major van die seisoen begin môre op Royal Troon in Skotland. Die Noord-Ier het die toernooi in 2014 gewen en sê die kus-links-baan sal ‘n uitdaging wees.