Mchunu beloof stappe teen waterkrisis

Die Suid-Afrikaanse minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, sê sy departement beplan om die voortslepende waterkrisis wat Suid-Afrika in die gesig staar, te hanteer deur middel van minimale onderhandelinge met waterdiensowerhede. Mchunu het dié opmerking gemaak tydens ‘n water-imbizo by die King Zwelithini-stadion in Umlazi, in eThekwini, KwaZulu-Natal. Die ministerie se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi sê ván die waterprobleme wat in sommige gemeenskappe ondervind word, kon maklik opgelos word as plaaslike owerhede by die basiese beginsels van bedrywighede en instandhouding van infrastruktuur gehou het: