McHenry trots op PDM-manifes

Die Popular Democratic Movement, PDM, het hulle Sentrale Komitee-vergadering in Opuwo afgeskop. Volgens PDM-leier McHenry Venaani is hulle gereed om te veg vir die verbetering van Namibië en om verandering in die land teweeg te bring. Die PDM wil meer jong mense na die party lok deur steun in elke uithoek te mobiliseer, beginnende met ‘n voetsoolvlak-mobiliseringstrategie. Venaani voeg by dat sy party die enigste een is met ‘n konsep-manifes.