McDonald’s aap nou koffiewinkels na

McDonald’s sê handelsmerke soos Starbucks die stryd aan met sy nuwe restaurante wat lyk soos koffiewinkels, CosMc’s (coz-mieks). Die eerste restaurant open later vandeesmaand in Illinois in Amerika en die maatskappy beplan om teen die einde van aanstaande jaar 10 in die land te hê – hoofsaaklik in Texas. Die spyskaart sal verskeie drankies bevat soos churro frappé, borrie-gekruide latté en bloubessie-gemmer-hupstootjie, terwyl twee van McDonald’s se gewildste items, die McFlurry en die Egg McMuffin, ook aangebied sal word.