McConnell vries vir tweede keer voor joernaliste
Amerikaanse Senaat Republikein Mitch McConnell het Woensdag vir meer as 30 sekondes gevries tydens ‘n openbare verskyning voordat hy wegbegelei is. Dit is die tweede keer wat hy in die openbaar vries, met die eerste voorval op 26 Julie vanjaar. Die 81-jarige het voor verslaggewers gestaan en staar, en nie op enige vrae of hulp van sy personeel gereageer nie. McConnell, is die langsdienende partyleier van die Senaat in die geskiedenis.