McConnell ondersteun reuse-pakket vir Oekraïne, Israel

Die minderheidsleier in die Amerikaanse senaat, Mitch McConnell, sê hy ondersteun president Joe Biden se hulppakket aan Oekraïne en Israel. Die president het ʼn dringende begrotingsversoek van 106 miljard Amerikaanse dollar aan die Kongres gestuur. McConnell het oproepe van sommige van sy Republikeinse kollegas dat die hulp aan die twee lande geskei word, verwerp en sê dit hou alles verband met mekaar. Biden het verlede week gesê die Palestynse Hamas-groep en Russiese president Vladimir Putin wil albei ʼn aangrensende demokrasie vernietig.