Mbumba, Verkiesingskommissie se vergadering onwettig: IPC

Die Independent Patriots for Change, IPC, sê hulle is diep bekommerd oor die onlangse geslote vergadering tussen president Nangolo Mbumba en die Verkiesingskommissie van Namibië. Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, was ook teenwoordig. Volgens IPC sekretaris-generaal Christine Aochamas is dit in stryd met beide die Namibiese Grondwet en die Kieswet. Dit laat ernstige vrae ontstaan ​​oor die onpartydigheid en integriteit van die Verkiesingskommissie. Aochamas het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.