Mbumba spreek die VN toe

President Nangolo Mbumba het die VN se Nasionale Vergadering toegespreek en terwyl hy verskeie kwessies aangespreek het, sê hy Namibië is veral bekommerd oor die impak van klimaatsverandering. Veranderinge in seetemperature het die land se visvoorrade beïnvloed met potensiële langtermyngevolge. Voedselsekerheid word ook deur droogtes bedreig en Namibië het ‘n noodtoestand afgekondig in die verband. Hy het ook oor geslagsgelykheid gepraat en sê Namibië bly onder die top nege lande wêreldwyd wat ten minste 80 persent van die geslagsgaping gesluit het. Die parlement het ook perfekte gelykheid.