Mbumba spoor Brave Warriors aan

Namibië se Brave Warriors kom vanmiddag teen Angola te staan in die Cosafa-beker eindstryd in Gqeberha. President Nangolo Mbumba het die span gelukgewens met die prestasie, en sê in ‘n verklaring hy het hulle met trots regdeur die toernooi gevolg. Hy doen ‘n beroep op die nasie om agter die Brave Warriors saam te staan. Afskoptyd is 3-uur vanmiddag.