Mbumba sê die mense se wil sal geskied

Dis natuurlik stemdag in Namibië en twee hoë-profiel amptenare het reeds hulle stemme uitgebring. Terwyl daar wel uitdagings by sommige stemlokale is wat nog nie oopgemaak het nie, het president Nangolo Mbumba reeds gestem. Hy doen ‘n beroep op die publiek om te stem.

Hy sê die mense se wil sal geskied.

En sy visepresident Netumbo Nandi-Ndwaitwah het ook reeds haar demokratiese plig uitgevoer.