Mbumba rits alweer rond, tans in Rotterdam
President Nangolo Mbumba is in Rotterdam, Nederland, om die Wêreldwaterstof 2024-beraad en -uitstalling van môre tot Woensdag by te woon. Die beraad word gereël deur die Raad vir Volhoubare Energie in vennootskap met die regering van Nederland, die stad Rotterdam en die hawe van Rotterdam. Mbumba sal na verwagting ook amptelike samesprekings met Koning Willem Alexander van Nederland voer, en bilaterale samesprekings met Nederland se eerste minister, Mark Rutte. Dit is nie bekend wanneer hy weer op kantoor sal wees nie.