Mbumba op pad na New York vir VN algemene vergadering, beraad

President Nangolo Mbumba sal vanaand na New York in Amerika vertrek om die 79ste sitting van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering by te woon. Wêreldleiers sal ook op 22 en 23 September by die Verenigde Nasies vergader om die VN se Beraad van die Toekoms aan te neem, wat ‘n Globale Digitale Kompak en ‘n Verklaring oor Toekomstige Generasies sal insluit. Namibië sal saam met Duitsland ‘n sentrale rol speel by die beraad, waar hulle saam voorsitters van die onderhandelinge sal wees.