Mbumba kuier die naweek in Doha
President Nangolo Mbumba is in Doha, Katar, vir die Doha-forum wat die naweek plaasvind. Volgens die Presidensie het Katar en Namibië bilaterale betrekkinge gevestig spesifiek op die gebied van olie en gas, logistiek, toerisme sowel as lugvaart. Gesprekke is aan die gang vir Qatar Airways om vlugte te hervat en die land stel ook baie belang in Namport as logistieke spilpunt. Daar is ook gesprekke oor die uitvoer van Namibiese lamsvleis na Katar. Mbumba sal Maandag terugkeer.