Mbumba herhaal Swapo-beloftes by Star Rally

President Nangolo Mbumba het by Swapo se Star Rally in Endola in die Ohangwena-streek gevra dat almal vir die party se presidentskandidaat Netumbo Nandi-Ndaitwah moet stem. Sy sal volgens hom die party se erfenis van goeie regering voortsit. Mbumba het beloftes herhaal wat reeds by die party se manifes-vrystelling gemaak is. Dit sluit in 500 miljoen Namibiese dollar per jaar aan die Nasionale Jeugfonds om die jeug te bemagtig, en om die nasionale lugdiens te laat herleef. Hy het ook herhaal dat 85,7 miljard dollar oor 5 jaar aan prioriteitsprojekte wat massa-werksgeleenthede sal skep toegeken sal word.