Mbumba gesels oor uraan in Omaheke

Die vise-president Nangolo Mbumba het streeksbesoek in Omaheke afgelê en het onder andere, die kwessie van uraangontginning aangespreek. Hy sê die gemeenskap het die reg om te vra waar Uranium One die bewyse gekry het dat die water nie besoedel sal word nie. Hy sê die gemeenskap moet na homself kyk en nie gedruk word om een of ander kant te vat nie.