Mbumba bring hulde aan Nujoma op sy 95ste verjaarsdag
President Nangolo Mbumba het hulde gebring aan die stigterspresident van Namibië, Sam Nujoma, wat vandag 95 jaar gelede in Etunda in die Omusati-streek gebore is. Nangolo prys Nujoma vir sy visioenêre leierskap wat duidelik was van sy jeug af, toe hy president geword het van die Owamboland People’s Organisation, wat later Swapo geword het. Hy het volhard in die gevaarlike arena van die struggle-era politiek omdat hy ‘n toekoms in die vooruitsig gestel het waar Namibiërs vry kan wees en hul kollektiewe reg kan uitoefen om hulself te regeer in ‘n omgewing vry van diskriminasie, geweld en haat. As gevolg van sy onberispelike leierskap was Nujoma vir 15 jaar president van Namibië en van Swapo vanaf sy ontstaan, totdat hy beide leierskaprolle aan Hifekepunye Pohamba oorhandig het. Mbumba het namens alle Namibiërs die grootste waardering uitgespreek aan die man wat ons gelei het na onafhanklikheid, en sê ons vier 95 jaar van ‘n doelgerigte, dapper en buitengewone lewe.